Wat is #LEEFLIEFDE?

Dit is bloot ‘n glimlag wat jy met ‘n vreemdeling deel, dit is ‘n leefwyse wat Stefaans probeer kweek in elkeen van ons. ‘n helpende hand waar nodig, dis om in liefde met mekaar te leef.

Stefaans Coetzee, liefdadigheidswerker en skrywer van Klerksdorp, se #LEEFLIEFDE is nie ‘n veldtog oor spontane oomblikke van barmhartigheid of ‘n liefdadigheidsorganisasie nie. #LEEFLIEFDE is ‘n droom waar mense uit verskillende kulture saam kan bestaan en ‘n verskil kan maak in mekaar se lewe.

#LEEFLIEFDE het in 2019 die Zenobia Award geloods om mense in die gemeenskap te eer wat liefde uit leef. Zenobia was ook die eerste wenner. In 2020 het sy die trofee aan Barend La Grange oorhandig.

#LEEFLIEFDE in Januarie 2021 as ‘n liefdadigheidsorganisasie geregistreer omdat so baie ondernemings betrokke wou raak deur middel van skenkings en donasies.