ZENOBIA AWARD 2019

Daar is so baie goeie stories, voel baie mense, maar die media berig nooit daaroor nie.

Klerksdorp Rekord het in Mei verlede jaar Zenobia Janetjies en Oom Labbies se verhaal van liefde, omgee en gebed op ‘n taxi vertel.
Dit spruit uit ‘n video opname wat soos ‘n veldbrand oor sosiale media versprei het.
Die storie het Stefaans Coetzee, skrywer van Wit Wolf en brein agter #LEEFLIEFDE❤, so inspireer, dat hy Zenobia op Facebook en later WhatsApp bevriend het.
So baie mense leef daagliks in liefde met mekaar, maar omdat nie almal Madiba, Gandhi of Moeder Teresa is nie, gaan baie van die stories ongesiens verby.
#LEEFLIEFDE❤ poog om brûe te bou, en daarom het hulle ‘n storie gesoek om te wys dat ons met klein dingetjies en groot liefde iemand anders se lewe positief kan aanraak.

Vir meer as ‘n jaar is daar na verskeie stories gekyk, en elke keer het #LEEFLIEFDE❤ teruggekom na Zenobia. Om seker te maak dat sy nie ‘n “once – off” is nie, is haar Facebook fyn gemonitor.
Intussen het besighede wat in die #LEEFLIEFDE❤ leefwyse glo, ‘n wisseltrofee geskenk wat na Zenobia vernoem is. #LEEFLIEFDE❤ gaan die trofee jaarliks aan iemand toeken om stories van liefde uit te lig. Sodra hy vol is, wil ons dit graag aan die Burgermeester oorhandig omdat hy/sy ons pragtige dorp verteenwoordig. Ons moet vir besoekers kan wys wat als in ons dorp gebeur.
Klerksdorp News het ook ‘n #LEEFLIEFDE❤ bladsy geopen.

Stefaans het Zenobia na werk uitgenooi vir ‘n milkshake by Burgerack. Daar het hy vir haar vertel hoekom die trofee na haar vernoem is. Sy het nie geweet dat sy die eerste ‘wenner’ van die Zenobia Award is nie.

Die Bybel sê dat ons lig so moet skyn dat mense ons goeie werke kan sien, en God in die Hemele loof. Zenobia se hele Facebook getuig van haar liefde vir God.

ZENOBIA AWARD 2020

 

 

 

 

Toe ons die #leefliefde toekenning ingedagte gehad het, wou ons aan mense erkenning gee wat liefde daagliks uitleef. Omdat ons almal nie ‘n Madiba, Prinses Di, Moeder Teresa, Jaco Strydom of Ive Price kan wees nie, het ons gekyk na gewone mense wat ons kan inspireer.

Barend La Grange is so aktief betrokke in die opheffing van Suid-Afrika, mens skuif hom maklik in die ‘saint’ kategorie. Totdat mens daaraan dink: liefde is ‘n leefwyse, dus moet ons elkeen ‘n Barend, Jaco en Ivor wees. Mag ons liefde vir mekaar verhit wees tot op die punt van selfopoffering.
Barend, ons kon nie aan ‘n meer gepaste dag dink om die toekenning aan jou te oorhandig as juis versoeningsdag nie. Dankie, dat jy vir ons wys dat ons saam ‘n verskil kan maak vir almal.

 

Barend La Grange is die bedryfshoof van South Africa Day. Hy is landswyd betrokke by gemeenskap opheffings projekte en beywer hom vir vrede in ons land. Hy was onder andere betrokke by Coligny en Craddock gemeenskapsprojekte.

Hy is huidiglik betrokke by Senekal se vrede inisiatief en die We Love Alexandra Community Makeover project.

#LEEFLIEFDE PRETLOOP

#LEEFLIEFDE se 5 km pretloop, op 11 Desember, het Klerksdorp uitgedaag om saam ‘n vreemdeling te stap. Die positiewe gees onder die ongeveer 100 stappers was aansteeklik.

Sandra en George Foley, Bridget Kleu en Nantes Coetzee – organiseerders van Klerksdorp se Parkrun – het hande gevat met #LEEFLIEFDE. Die pretloop is op Parkrun se nuwe tuiste aangebied.

Die pretloop is gebore uit gesprekke van nasie bou tussen twee Coetzee’s – Oupa en Stefaans. En nadat die begeerte tydens ‘n #LEEFLIEFDE-naweek in Worcester uitgespreek is om raakgesien te word deur te begin om mekaar te groet, het talle mense in Klerksdorp ingespring om by die pretloop betrokke te raak.
Die Bybel moedig ons immers aan om vreemdelinge te groet met die vraag “wat help dit jy groet net die wie jou groet …”
En vriendskap, het Cullen Hightower gesê, word gebore uit vreemdelinge.

> Die Zoeloe-groet Siyabonga beteken: I see you.

VirtualLOVE pretloop

Die bekoorde Desmond Tutu-Gerrit Brandprys debuut skrywer Ivor Swartz, DIE VERLORE SEUN VANNIE GAATJIE, dra daagliks verskillende kouse om homself daaraan te herinner dat mense verskil.

#LEEFLIEFDE het mense op Facebook uitgenooi om Saterdag, 8 Mei 2021 aan ‘n VirtualLOVE pretloop deel te neem.

Deelnemers kon self hul afstand en omgewing kies. Die enigste vereiste was dat almal verskillende paar kouse dra om jou daaraan te herinner dat ons in ons uniekheid saam aan ‘n beter toekoms vir almal kan bou.

Bekendes soos die kykNET en GROOTfm ontbyt aanbieder Johrné Huyssteen, en die skrywers Dana Snyman, Rudi Swanepoel en Johan Pienaar het aan die pretloop deelgeneem.

Dana en sy honde, Vlooi en Blackie, het 5.1 myl (1h53) al langs die strand gestap, letterlik net op sy kouse. Johrné het ook saam met sy hond, Stoffel, gestap. Johan (71) het nie toegelaat dat sy ouderdom hom verhinder om deel te neem nie. Hy het 8.17 km in 1:27:25 gestap.

In Klerksdorp het Stefaans Coetzee, Heinrich Fourie en Luvuyo Menziwa vanaf Casey Sindi Freedom Square in Jouberton na ‘n ossewa in Stilfontein gestap. Later het verskeie EFF lede saam met wit landgenote gebraai. Die idee is om ‘n platform te skep waar daar oor ernstige sake gepraat kan word.

Ferdie Swanepoel van Life FM #LEEFLIEFDE sê dat hul hart daarin lê dat dit ‘n maandelikse instelling moet word. Ons moet maniere vind om nader aan mekaar te beweeg.